 |
 |
 |
 |
|
|
 |
|
|
| Met registrasie aanvaar die lid die volgende terme en voorwaardes verbonde aan die lidmaatskap van mypotsedeksel.com: Lede moet 18 jaar of ouer wees. Lede moet ongetroud wees. Lede moet seker maak dat hul die kostestruktuur en lidmaatskapsopsies verstaan, deur die relevante dele daaroor te bestudeer. Alle betalings word hanteer en geskied deur die professionale en konfidensiële "Netcash" sisteem, en word deur hul sekuriteit en waarborge ondersteun. mypotsedeksel.com het geen toegang tot enige bankbesonderhede of rekening inligting nie. - Lede mag nie namens ander en sonder toestemming van ander inskryf nie.
- Lede mag slegs hule eie foto en inligting plaas.
- mypotsedeksel.com kan nie verantwoordelik gehou word vir die akkuraatheid van enige persoonlike inligting wat deur die lede as waarheid voorgehou word nie.
- Lede onderneem om nie deel te neem aan gesprekke of kommunikasie waar daar teen andere gediskrimineer word ten opsigte van hul geslag, ras, geloofsoortuigings of verhoudingsvoorkeure nie.
- Geen kommunikasie wat as lasterlik, dreigend of onwettig (Suid-Afrikaanse wetgewing) beskou word sal toegelaat word nie, selfs nie deur lede wat buite die Suid-Afrikaanse grense woon nie.
- Lede sal onder geen omstandighede enige pornografiese materiaal, media of kommunikasie versprei of ontlok nie.
- Dit is lede se eie verantwoordelikheid om hul veiligheid en privaatheid te verseker deur selektief te wees oor die kommunikasie van hul name, persoonlike e-pos adres, fisiese adres en telefoonnommers. mypotsedeksel.com sal nooit hierdie inligting aan ander lede of webtuistes bekend maak nie en alle kommunikasie geskied op die interne kommunikasiesisteem.
- Lede het die reg om kommunikasie met ander individue te “blok” deur daardie opsie te kies en sodoende onwelkome kontak te vermy.
- Lede gee hul toestemming om van tyd tot tyd inligting te ontvang oor spesiale aanbiedings of interessante inligting. mypotsedeksel.com sal egter nie die lede irriteer deur hul onnodig te “spam” nie. Lede mag ter enige tyd hierdie kommunikasie opsie kanselleer deur sodanige versoek aan die kontakpersoon te stuur.
- Lede gebruik hul lidmaatskap vir die persoonlike doeleindes om ander persone te ontmoet en nie vir kommersiële doeleindes om enige produkte, besighede of dienste te adverteer of the versprei nie.
- Lede het die reg om enige klagtes te opsigte van bogenoemde gedrag of aksies met bewyse aan die kontakpersoon by mypotsedeksel.com te lê en mypotsedeksel.com behou die reg om hierdie aantygings te ondersoek
- mypotsedeksel.com sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige skade of verlies gelei deur die gebruik van hul diens nie
- Lede het die reg om ter enige tyd hul lidmaatskap voor die einde van die termyn en sonder rede te kanselleer alhoewel hul dan nie op ’n terugbetaling geregtig sal wees nie.
- Indien lede ontevrede is met die diens of verskeidenheid van beskikbare deksels kan hul ’n skriftelike klagte en versoek aan die kontakpersoon stuur wat die klagte sal ondersoek en toepaslike voorstelle en oplossings sal vind vir die frustrasie indien geldig.
- Geen data, kentekens (logos), name, fotos, vraelyste, nuusbriewe of ander inhoud wat op hierdie webtuiste te sien is mag gereproduseer, gekopiëer of gebruik word nie. All regte word deur mypotsedeksel.com se eienaar/s voorbehou.
- Lede se fotos mag van tyd tot tyd op die webtuiste vertoon word om sodoende ander lede te lok. Lede mag versoek dat hierdie fotos verwyder word deur 'n e-pos aan info@mypotsedeksel,com te stuur maar ons sal dit waardeer want dit help om nuwe lede te lok.
- mypotsedeksel.com waarborg nie suksesvolle ontmoetings of verhoudings nie maar sal uit hul pad gaan om lede te help om suksesvolle pasmaats te vind of deur middel van hul Verhoudingsguru persoonlike raad oor verhoudings te gee. Hierdie is ons passie en sleutel tot ons sukses.
- Indien bogenoemde voorwaardes nie nagekom word nie, kan en sal lidmaatskap onmiddelik gestaak word sonder kennisgewing en sonder enige terugbetaling van betaalde fooie. Toekomstige lidmaatskap kan ook weerhou word.
- Indien die AANVAAR VOORWAARDES knoppie gekliek word, beteken dit dat die lid al bogenoemde voorwaardes aanvaar en onderneem om dit sonder voorbehoud na te kom.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
 |
 |
 |
|